INFORMELE KLASSE

20240215_115145

Quinzelle kunsklas is ‘n informele kunsklas waar my studente nie ‘n tradisionele “juffrou” kry nie. Kuns is nie net kwashale op ‘n canvas nie. Kuns is ‘n ware plesier. Om jou passie uit te leef op jou eie manier en om JOU storie te vertel op jou canvas.

Met GEEN negatiewe ervaringe by Quinzelle Kunsklas nie, streef ons om op elke individuele student te fokus en te verseker dat hulle hul verskuilde talente uitbring. Die bevredige deel waar die skildery voltooid is, is ten verre nie die einde nie. Dit is slegs die begin van jare lange vriendskappe. En as jy voel kreatiwiteit is glad nie in jou bloed nie – ons verseker jou , jy sal in die eerste les verkeerd bewys word.

“Kuns is nie veronderstel om goed te lyk nie, dit is veronderstel om jou emosies uit te beeld.”

20240215_105037